WELKOM BY GROOTFM 90.5

GROOTFM is ‘n radiostasie met ‘n kommersiële basis en ‘n sterk gemeenskapsbelang, wat in Afrikaans uitsaai en die groter Pretoria metropool bedien.

Goeie Afrikaanse musiek en internasionale kontemporêre musiek vorm die kern van die stasie en is ook vermeng met lekker gesels oor die relevante sake van die dag.

LAAI NOU ONS APP AF...
Mobi siteIOS
The Living Daylights - A-ha

SENDER/SEIN PROBLEME
GROOTfm 90.5 is opgewonde om aan te kondig dat sy sender geskuif het en dat 'n potensiële 300 000 luisteraars in die Noorde van Pretoria, wat van die begin van die stasie glad nie GROOTfm 90.5 kon opvang nie, nou ook deel van die GROOTfm 90.5-familie kan word. Saam met die skuif het ook die uitdaging gekom dat gedeeltes in die Suide van Pretoria, wat Centurion insluit, GROOTfm 90.5 nie meer op die radio kan hoor nie of dat die uitsendingkwaliteit swak of wisselvallig is. Huidiglik gaan hierdie situasie nie verander nie. GROOTfm 90.5 en al sy diensverskaffers is egter besig om toegewyd aan 'n oplossing te werk om die hele Pretoria Metropool met die beste moontlike sein te kan bedien. Die goeie nuus is egter dat jy steeds oral na Grootfm 90.5 kan luister en ons saam met jou kan neem op jou slimfoon – laai net jou gratis toepassing vir slimfone af en geniet Afrikaans op sy beste! GROOTfm 90.5 bly daartoe verbind om aan sy luisteraars die beste moontlike opvangs in die Pretoria-omgewing te bied en om saam met ons luisteraars ‘n daadwerklike positiewe verskil in ons uitsaai gebied te maak!

Die aandvertoning is UITVERKOOP maar die
ekstra vertoning om 12:00 se kaartjies is
NOU beskikbaar op www.itickets.co.za

VOLG ONS NOU OP...